Sage van my jaarlikse doktersondersoek

My afspraak vir my jaarlikse ondersoek by die dokter was vanoggend. Aangesien ek n toestand het wat hemochromatose genoem word (te veel yster in my bloed; ek vermoed die yster van my peester lek deur na my are en veroorsaak dat die ding verlep raak) het ek Woensdag gou gaan bloed aftap by die suster sodat vandag se bloedtrek die oormaat yster kan wys. Die selfde suster doen ook die EKG en sy fok my al die afgelope paar jaar op met daai oefen fiets wat se handbriek tot teen die plafon kan optrek. Ek vra haar toe om solank daai fiets se wiele en ketting te olie sodat daar minder weerstand is as ek die ding vandag trap. Sy deel my toe mee dat hulle die fiets vervang het met 'n treadmill. My opmerking dat die ding hopelik minder stram is as die fiets word net met n beterweterige grin beantwoord.

Vanoggend daag ek vars en cocky by die dokter op en gaan sit in die wagkamer. Ek het aspris nie gepee toe ek vanoggend opgestaan het nie anders staan mens soos 'n poephol in die spreekkamer se toilet met 'n droë voël terwyl die suster buite ongeduldig kug wat natuurlik die pis verder laat optrek tot onder jou ken terwyl jy jou bes probeer om nie hard te poep soos jy druk om te kan pee nie. Die suster kom roep my toe vir die pismonster. Verlede jaar se pisparade was 'n fokkop, want ek het gesit en perve op die blond oorkant my toe die suster my kom roep. Die eindresultaat was dat ek toe met 'n moerse horing verby die ontvangsdames moes sluip terwyl ek my skaamte met my hande probeer verbloem. Die horing veroorsaak toe dat ek amper deur die venster pis. Mens het 'n rekenaar nodig om die trajectory tot in die glas uit te werk. My volgende poging om die glas om te draai en van onder af vol te pis was ook n fokkop, want ek kon nie die glas vinnig genoeg omdraai om te keer dat ek op die vloer pis nie. Uiteindelik kon ek 'n monstertjie skenk nadat die ander monstertjie 'n bietjie gesak het sodat ek dit kon afdruk sonder dat my hakke van die grond af lig.

Die suster wys my toe dat ek net so ongeveer n dubbeltjie in die glas moet pis. Ek sê dis reg en sluit die toiletdeur toe. My prostaat wou egter nie so lekker saamwerk nie en toe ek my kwota bereik kon ek nie ophou pis nie. Ek pis die glas vol en nog so 2 dubbeltjies op die vloer voor ek die vloed kon keer. Ek gooi die helfte uit in die toilet, gly amper op die nat vloer en gee die glas vir die suster aan. Sy voel die nat pis aan die buitekant van die glas op haar kaal vingers en gooi amper die glas pis op die ontvangsdames uit.

Volgende op die lys is die dokter en ek voel al die afgelope 2 dae senuweeagtig oor die prostaattoets en die gepaardgaande violation van my lyf. Die ou se vingers is dikker as my groottoon en my sfinkster vat na so n toets ten minste twee dae om weer terug te keer na sy normale size n dis 'n stryd om te keer dat ek nie myself in daai tyd bekak nie. Ek gaan lê verkeerd om op sy bed en die volgende oomblik sien ek sy gulp, gelukkig toe, voor my. Ek draai toe vinnig om voordat hy die opportunity van 'n blow job in sy kop kry. Hy druk sy vinger in n pot met goed wat lyk soos ghries en sê ek moet my knieë optrek. Ek kreun toe sy geghriesde vinger my toegeknypte sfinkster oopforseer. Hy voel wat hy moet voel en pluk sy vinger uit. Dit smaak my die circlip wat my sfinkster se spring vashou het uitgespring toe hy sy vinger uitpluk en ek lê met 'n wawye oop poephol en wag vir my nersderm om uit te peul. Ek pluk my broek aan en strompel uit sy spreekkamer.

Volgende op die lys is die EKG by die suster. Sy lyk nog steeds bedonnerd omdat haar vingers vol van my pis was. Sy beduie dat ek my hemp moet uittrek en op die ondersoektafel gaan lê. Sy haal n elektriese skeermes uit en sny gate uit my borshare om die plakkers te kan opplak. My vraag of sy nie sommer my baard ook wil trim nie word met n blank uitdrukking beantwoord en ek kry daai gevoel in my gat dat sy my gaan opfok op die treadmill.

Die reis op die treadmill begin gemaklik en ek verbeel my ek hoor die geluid van voëltjies wat sing. Ek is bly oor die tempo, want my sfinkster is nog steeds nie reg gesluit nie. Miskien is die treadmill tog n gemakliker martel tool as die fiets. Na n rukkie druk die suster n knoppie en die gesing van die voëltjies raak geleidelik sagter soos die pas versnel word. My teiken hartklop is 158 en my hartklop is nou eers 98. My bene raak al hoe swaarder hoe verder ek loop. Ek bied haar R500 aan as sy die proses nou stop en die dokter bullshit. Sy skud net haar kop en druk drie knoppies. Die geluid van die voëltjies word skielik vervang met die gekras van aasvoëls en in my gedagtes sien ek hoe hulle oor my sirkel. Gelukkig moes ek vas sedert die vorige aand anders het ek myself bekak as gevolg van my oopgesperde sfinkster. Die suster sien ek kak af n staan en beskou my met so 'n grynslag op haar bakkies. Die smaak van haar wraak is soet. Ek is bly dis net haar vingers wat vol pis was. Ek hoop sy het haar hande gewas anders het sy met haar pis hande aan my gevat toe sy die probes aangesit het. Sy beweeg weer nader en ek sou haar gemoer het as ek nie so krampagtig aan die handvatsels moes vasklou nie. Sy druk 'n paar keer op 'n knoppie wat lyk soos 'n volume knoppie en toe kak ek. My bene beweeg nou so vinnig dat dit lyk of ek stilstaan. Die volgende oomblik blaas my bene af en ek sak af op die ding. Die laaste stukkie doen ek toe handeviervoet terwyl ek soos 'n maer vark skree. Gelukkig stop die suster die ding voordat hy my soos 'n vrot vel uitspoeg. Ek kan nie vinnig genoeg op die bed kom nie en voel of ek enige oomblik kan uitpass. Goddank los die suster my nou uit terwyl sy my bloeddruk meet en die printout van die EKG beskou. Die volgende oomblik draai sy om en begin die probes afpluk. Dit smaak my die wortels van my borshare is vas aan my ruggraat, maar sy ruk en pluk en die hare wat sy nie kon afskeer nie word saam met my ruggraat uit my lyf gepluk. Gelukkig is sy nou klaar met my. Ek probeer van die bed afklim, maar my bene gee pad onder my en ek val 'n tafeltjie wat langs die bed gestaan het in sy moer. Ek trek myself op teen die bed en loop strompelend uit voordat sy my in die hande kry.

Nou gaan ek weer terug dokter toe sodat hy die resultaat van die EKG met my kan bespreek. Alles is OK volgens hom, maar ek dink nie my hartaanval is ver na die martelling nie. My sfinkster voel nog steeds soos 'n bearing wat geseize het. Hy moes my help om regop te kom na die konsultasie en ek strompel uit by die spreekkamer op rubber bene na my bakkie toe.

Gelukkig het mens se brein die vermoë om die tipe trauma iewers baie diep weg te bêre. Volgende jaar kak ek maar net weer.