Musiek Videos

Ernyst is ‘n projek waar ek my eie songs doen


Altered states. The Journey.

Die reis deur jou bewussyn en tyd. Wanneer die filters afgeskakel word, verskyn die monsters en woed die oorlog tussen goed en sleg.



Living with a stranger

Kontras is hier tussen die gewaande realiteit van ontnugtering, wanhoop en teleurstelling in die lirieke en die onskuld en hoop wat deur die kinders uitgebeeld word. Nooit kon dink dat 2 klein dogtertjies soveel sonskyn in my lewe kon bring nie.

Freedom for blood

Die mense wat so praat van oorlog het nie’n clue oor die nagevolge daarvan nie. Het die song geskryf na ‘n pennegeveg met een of ander jong aktivis wat nie ‘n clue het waarvan hy praat nie.


Acceptance

Jy hoef baie dinge in die lewe nie te aanvaar nie, maar die dood kyk jou reg in die oë. Daar het jy nie ‘n opsie nie.



Kruisrivier

Het saam met ‘n buddy op sy familieplaas, Kruisrivier, naby Victoria Wes, gekamp. Die song is deur die plaas Kruisrivier geinspireer. Opgedra aan Mark Brodovcky.